Örebro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Örebro

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Närke
 Län Örebro
 Koördinate 59°16′N 15°13′O / 59.267°N 15.217°O / 59.267; 15.217
 Stigting 13de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 1 620,6 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 34 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 159 348[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 98,3/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −2,2 / 17,9 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 677,9 mm
 Amptelike webwerf orebro.se

Örebro (Sweeds: [œrɛˈbruː], ) is 'n stad in Sentraal-Swede met 'n oppervlakte van 1 620,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 159 348 (2023). Örebro dien as die administratiewe hoofstad van sowel die län asook die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).

Die Örebro-kasteel is geleë op 'n eiland in die Svartån-rivier, die plek wat in die 13de eeu deur 'n wagtoring beskerm is en waaruit die stad ontwikkel het

Örebro lê sowat 200 km wes van Stockholm, 300 km oos van Oslo en 300 km noordoos van Gotenburg. Dit is geleë naby die monding van die Svartån-rivier in die Hjälmarmeer, Swede se vierde grootste meer.

Die naam Örebro verwys na 'n brug (Sweeds: bro) oor die Svartån-rivier waar die stad geleë is. Die voorvoegsel Öre- is ontleen aan ör "gruis" (oewer)".[3] In 1265 het Birger Jarl 'n drif oor die Svartån-rivier deur 'n wagtoring laat beskerm. In die Middeleeue was Örebro 'n belangrike handelstad vir yster.

Örebro was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  3. (sv) Mats Wahlberg, red. (2003). Svenskt ortnamnslexikon (PDF) (1ste uitg.). Uppsala: Swedish Institute for Dialectology, Onomastics and Folklore Research. pp. 388–389. ISBN 91-7229-020-X. Besoek op 9 Oktober 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]