Gaan na inhoud

LSD

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
LSD

D-Lisergiensuur-Diëtielamied (Engels D-Lysergic Acid Diethylamide) (Chemiese verbinding: C20H25N3O), algemeen genoem acid of LSD, is 'n kragtige sintetiese hallusinogeen en psigedeliese enteogeen, oorspronklik vervaardig in 1938, maar per toeval is die effek ontdek deur Dr Albert Hoffman in 1943, van ergot, 'n fungus, wat soms op rog aangetref word. LSD word tipies mondeling ingeneem as 'n helder, geurlose, smaaklose vloeistof, gewoonlik op 'n ander middel soos kladpapier, 'n suikerklont, of gelatien, alhoewel dit ook moontlik is om dit in te neem via kos of drank. LSD is 'n afkorting vir die Duitse term vir, Lysergsäure-Diethylamid. Soos die meeste hallusinogene word die gebruik wetlik verbied. Dr Hoffmann het gewys dat kruistoleransie met meskalien en psilosibien bestaan en dat LSD soortgelyke effekte as hierdie twee natuurlike middele wat tradisioneel deur sjamane en helers gebruik word om 'n beswyming of trans te bereik. 'n Tipiese dosis LSD is 250 mikrogram, ('n kwart milligram) wat 'n besondere lae hoeveelheid is vir die 10-12 uur wat die effek voortduur.